Kinders word minder, die liefde ai, ai

Februarie 18, 2008 louiselourens

Vanoggend hang my lang tong op die grond.  Ek is so hartseer oor daardie man van my.  Ek het alles – alles in my vermoë gedoen om net aan hom te raak, drukkies te gee, liefde te gee, sy oë probeer oopmaak sodat hy my kan raaksien, maar niks!!!  Niks totaal en al nie.  Hy stoot my liewers weg.  Ek voel al so moedeloos, want hoekom moet ek van my kant af alles probeer en hy wil nie eens amper probeer nie.  Vir berading weier hy om te gaan.  So ek sit in ‘n doodloopstraat.

 My oudste meisiekind Marguerite het vanoggend half vyf van die bus afgeklim.  Sy was vir ‘n werksonderhoud in Plettenbergbaai by Plettenbergbaai hotel.  Dit het wonderlik gegaan en die hoof van die salon was mal oor haar.  Die massages en facials wat sy gedoen het op die mense het uitstekend afgeloop.  Sy is baie opgewonde.  Die pakket is baie goed, want sy kry ‘n gemeubileerde woonstel, 2 etes per dag en haar uniform.  20% kommissie op alle treatments en verkope saam met haar basiese salaris van R3 000.

My dieet hou!!! Ek het al 5 kg verloor en kan duidelik sien hoe maer ek word.  Ek is verskriklik – verskriklik trots op myself.  Ek word net al hoe meer gemotiveerd om nog aan te gaan!!

Die middelste meisie Adele het my Vrydag so geskop teen my been dat dit nou nog seer en blou is.  Ek weet nie meer wat om met haar te doen nie.  Sy was ombeskof met my en ek wou haar net een harde klap gee, toe ruk sy terug en ek slaan haar op haar skouer.  Toe hak sy af en skop my.  Daarna sê het sy voor haar pa vir my gesê as sy 21 jaar oud is sal sy my deur my bek klap.  Ek dink sy is verskriklik ongemanierd en haar pa sien dit nie raak, want hy beskerm haar elke keer.

Nou ja klaar gekla.  Sal maar moet uithou en bekhou

Advertisements

Entry Filed under: Uncategorized

4 Comments Add your own

  • 1. Lootiy  |  Februarie 18, 2008 om 1:54 nm

    Hi Louise

    Ai, ek weet nie wat om vir jou te se nie. Maar weet jy, jy verdien dit om gelukkig te wees. Ek dink jy moet dit nastreef, ek weet nie hoe oud jy is nie, maar as jy so oud soos ek is, 41j, dan vat jy nie meer kak van kaboutertjies nie. Jammer ons praat so min, is baie besig. Baie trots op jou met die dieet!!!!!

    Lootiy

  • 2. Xanika  |  Februarie 26, 2008 om 8:18 vm

    Moenie dat hulle jou onder kry nie, jy verdien beter! Geluk met die dieët en ek is bly vir Marguerite.
    Sterkte!

  • 3. Carolina  |  Februarie 27, 2008 om 8:47 vm

    Hi Louise,
    Dankie vir dieet wat jy vir my ge-epos het. Ek gaan dit defnitief probeer! Sal laat weet hoe dit gaan. Sterkte met jou huwelik! Jou man voel verseker minderwaardig en dit verklaar sy optrede. Dit maak dit nie reg nie!! So jammer vir jou!!

  • 4. Net-Ek  |  Maart 17, 2008 om 9:49 vm

    Hoekom begin ‘n vrou eers suksesvol te raak met ‘n dieet waneer haar huwelik op sy einde gekom het??? Ek is op die selfde plek waar my vrou net eet en eet en eet, en het 100 verskuie dieete NIE klaargemaak. Ons het ook ons probleme, baie, maar die een ding wat my kwaad maak is dat sy net aanhou gewig optel en sy probeer dit weg steek. Ek kry die pakkies Winegums en popcorn onder die bed, die car se sitplek, oorals! Noem my maar shallow maar mooi lyk vir jou man is een van DIE grootste dinge waarvan ons mans hou, en redes hoekom ons bly.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Februarie 2008
M D W T V S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: