Ja, ek is ook in ‘n huwelik waar ek emosioneel mishandel word

Februarie 4, 2008 louiselourens

Al hierdie tye het ek maar stil gebly, want dit is nie iets waaroor ‘n mens praat nie, maar vandag voel ek bly dat ek ook dit gesê het dat my man (en soms my kinders) my emosioneel mishandel.  Uit sy mond kom daar nooit ‘n mooi of goeie woord vir my nie, altyd net hoe verkeerd ek is en hoe common en sonder karakter ek is.  Dit maak baie baie seer, en voel ek ook so nikswerd partydae. Hy staan ook heeltemal koud teenoor liefde.  Van drukkies en soentjies is daar geen sprake nie.  Die afgelope 20 jaar leef ek al in hierdie liefdelose emosionele mishandelde huwelik. 

Nou… kom die ergste … daar is iemand wat my op sy hande dra.  Wat my soos ‘n prinses laat voel.  Ek en hy het 27 jaar gelede uitgegaan, maar my ouers het nie die verhouding goed gekeur nie, en toe my man op die toneel verskyn, het hulle dadelik vir my in hierdie huwelik in gedruk.  Maar nooit het ek die liefde van my lewe vergeet nie, en ook het die liefde van my lewe my ook nie vergeet nie.  Vrydagaand het hy my vertel dat net God my liewer het as hy.  Die probleem is hy is ook getroud met 2 kinders. 

Finansieel kan ek nie van my man skei nie, want ek sal nooit as te nimmer op my eie kan regkom nie.  Dit besef hy ook.  Ek het ook te veel in hierdie huishouding ingesit en kannie dit verloor nie, want hy het dit duidelik gestel, ek sal niks kry uit die huis.

Wat moet ek tog doen???   

Advertisements

Entry Filed under: Uncategorized

10 Comments Add your own

  • 1. Lootiy  |  Februarie 4, 2008 om 10:39 vm

    Ai Louise, dit is darem maar vrek moeilik ne?
    man en kinders wat jou nie waardeer ne, ek weet waarvan jy praat, ek is met net so ‘n man getroud, staan baie koud teenoor my, veral in die publiek, ek verkyk my aan mense in die mall wat handjies vashou en saam gaan tee drink, ek is getroud maar is ‘n enkelouer, hoe ironies is dit nie?
    en wat jou vriend beteken: geniet dit en moet asb nie skuldig voel nie
    Voorspoed
    Lootiy

  • 2. attie  |  Februarie 4, 2008 om 12:14 nm

    Louise, mens ek is baie jammer vir jou, maar… Hier is ‘n paar realiteite wat jy sal moet “face”. Realiteite wat dalk kan seermaak, maar wat realiteite bly. Dis nie iets waaroor ‘n mens sommer hier skryf nie, maar ek dink jy moet saam met iemand wat jy vertrou jou situasie bedink.

  • 3. platkuif  |  Februarie 4, 2008 om 2:01 nm

    hi.ek wonner net of jou man en kinners ooit lees wat jy hier skryf?sterkte

  • 4. TristonJ  |  Februarie 4, 2008 om 2:08 nm

    shoe, nou wat sê mens nou… as julle skei wat gaan van julle kinders word, is hulle beter af waar hulle nou is of sal hulle gelukkiger wees met minder geld en meer liefde?? ek kan nie in n ander se skonne loop nie, maar slegs jy kan die besluite neem wat gemaak moet word. die catch is dat jy hulle nie net vir jouself maar vir jou kinders ook moet maak…

    baie sterkte, die keuses in die lewe is nie altyd maklik en het meer draaie as wat mens ooit vewag!

  • 5. Carolina  |  Februarie 4, 2008 om 5:02 nm

    Wat van die ander man se kinders? Wat van die ander man se vrou? Wat het sy gedoen om dit te verdien? Nee, Louise!!!

  • 6. Nie blind nie  |  Februarie 5, 2008 om 6:11 vm

    Platkuif, het jy n vrou, sien sy watse kak jy op jou blog skryf!!! Siek!!!

  • 7. costello  |  Februarie 5, 2008 om 9:15 vm

    Die “liefde” is alles- meer as enigeiets.Kies “liefde”- dit sal jou lewe verander

  • 8. Nicole  |  Februarie 5, 2008 om 9:18 vm

    Ja nee Louise, volg maar in Stevie se voetspore, hy het mos nou die voorbeeld gestel,en almal volg hom mos in alles wat hy se en doen soos skape!
    En ja, as jy nie gelukkig is in ‘n huwelik nie, moenie net bly ter wille van die kinders nie, want jy doen hulle net nog meer ‘n onreg aan!!

  • 9. Dellie  |  Februarie 5, 2008 om 9:23 vm

    Nee, Platkuif het net vir Marie…

  • 10. Platkuif  |  Februarie 5, 2008 om 1:37 nm

    Platkuif is nie met vrou nie, ‘nie blind nie’-is dit jou naam? waar dink jy kry hy al die tyd en energie om sulkie ‘strooi’ te skryf 😉

    Dellie,Marie het my gelos vir ‘n ietsie lekkerder en groener aan die anderkant van die straat.Ek kon eenvoudig nie vir my wonderwerk alles gee en doen wat sy verdien nie.

    ps.’nie blind nie’…ek laaik jou al klaar…ek het net gewonner wat Louise se man/kinders en dies meer sou doen, as hulle op ‘n blog moet lees hoe mamma oor pappa en ‘n ander oom voel…Louise, laat ek dit op ‘n ander manier stel: Lees jou familie jou blog? of alternatiewelik,weet hulle enigsens van die blog?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Februarie 2008
M D W T V S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: