EK HET DIE BAAS AANGEVAT EN GEWEN!!

Oktober 29, 2007 louiselourens

More

Nadat almal my attend gemaak het op die feit dat ek te min verdien, het ek besluit dit is tyd dat ek die bul by die horings pak.  Hande het gesweet, hart het in my oogkaste geklop, woorde wou nie formuleer nie, maar ek het aan hom gestel dat ek dink daaraan om ander werk te soek aangesien die salaris te min is.  Hy se toe dat hy my nie wou verloor nie en bel toe die kantore van Mannekrag.

Hulle het toe aan hom bevestig dat my salaris moet ±R550 per week wees.  Dit is die minimum wat hy moet betaal.  Ek is ook geregtig op vakansiegeld, siekverlof en bonus.

Ek het gedink hy gaan squeel, aangesien hy ‘n Jood is, en hulle nie baie lief vir betaal is nie, maar sonder enige moeilikheid het hy vir my gesê hy sal my vanaf 1 November R550 per week betaal.  Ek het amper flou geword van verligting.

So ek sien nou baie uit na die einde van die maand .  Eerste gaan ek my tiende elke week uithou en daarna ‘n lekker skaap tjoppie koop.

Ek het nou opgestaan en lig my kop op en kyk die wêreld vierkantig in die oë.

 Baie liefde

Louise

Advertisements

Entry Filed under: Uncategorized

3 Comments Add your own

  • 1. Chocolate koek  |  Oktober 30, 2007 om 6:35 vm

    ‘n woordjie van bemoediging vir jou

    Die Here weet …

    Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens
    Verpletterende omstandighede en situasies .
    Weet die Here hoe hard jy probeer het.
    Wanneer jy so lank trane gestort het
    En jou hart is beklemd ….
    Het die Here jou trane getel.
    As jy voel jou lewe is doelloos
    En die tyd het jou agtergelaat .
    Was die Here saam met jou.
    Wanneer jy eensaam voel en jou vriende
    Te besig is om te bel of nie verstaan nie …
    Wag die Here saam met jou.
    Die Here is aan jou sy wanneer jy dink jy alles
    Probeer het en nie meer raad weet nie ….
    Hy het die oplossing.
    Wanneer niks sin maak nie en jy seer,
    Verwar of gefrustreerd voel ….
    Het die Here die antwoord.
    As jou blik op die lewe verhelder
    En jy tekens van hoop in die lewe vind
    Het die Here vir jou gefluister.
    Wanneer alles klopdisselboom gaan
    En jy volop stof tot dank het ….
    Het die Here jou geseën.
    Wanneer iets verstommends gebeur
    En jy daardie spesiale iemand vind ….
    Het die Here se glimlag op jou gerus.
    As jy ‘n droom het om te volg
    En ook ‘n werklikheid om uit te lewe .
    Het die Here jou oë geopen en jou naam genoem.
    Onthou net, waar jy ook al is,
    en wat jy ook al in die gesig staar

    DIE HERE WEET!

  • 2. louiselourens  |  Oktober 30, 2007 om 6:50 vm

    Baie dankie vir die woorde van bemoediging. Ek voel vanmore heelwat beter en sterker. Ek en manlief het gaan sit en besluit hoe ons ons finansies gaan bestuur en het ‘n goeie plan van aksie uitgewerk. So ons sien lig – baie lig.
    Liefde

  • 3. Chocolate koek  |  Oktober 31, 2007 om 8:39 vm

    Ek is baie bly. Jy moet ook nie sommer jou huis verkoop nie hoor! Mens moet bly en as jy huur maak jy ‘n ander ou ryk. Dis die een bate wat jy moet probeer behou. Maar ek is seker die Here sal vir julle help. Glo en vertrou net. Hou jou kop hoog en kyk mense in die oë. Moet jou nie steur aan kleinsielige mense nie. Die Bybel leer ons mense op te bou, te bemoedig en te vertroos en nie om hulle in die aarde in te trap nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Oktober 2007
M D W T V S S
« Sep   Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: