GOEIE DAG ALMAL

Oktober 12, 2007 louiselourens

Dit is so lekker om net weer hier te kan praat, hart skoon te maak.  Ek voel darem vandag so bietjie beter.

 Maandag is my groot dag!! Ja, sowaar 24 jaar getroud en 44 jaar oud.  Kan jy glo?? Hierdie jaar se verjaarsdag sal maar stil moet verbygaan, want geld is daar nie vir ‘n party of koek en tee nie, en weet ek sal van manlief en kinders niks kry, maar hulle sal vir my daar wees en hulle liefde gee, so dit is ‘n groot geskenk.  Dank die Here dat ek nog ‘n jaar kon beleef.

As ek terugkyk op my lewensjaar wat verby is, was daar baie lief en leed, mooi en lelik, maar God se genade is GROOT.  Daar was lag en huil, op dae en af dae, maar ons het bygehou as gesin, met God aan ons sy kon ons dit nie maak.  Dankie Here vir U getroue liefde en bystand – Dankie dat elke haar wat van ons koppe geval het, U daarvan bewus was, dankie God vir elke traan wat U opgedroog het.  Dankie God vir elke glimlag wat U op ons gesin  se gesigte gesit het. Amen

My pa was vanjaar 1 jaar oorlede, mis hom nog baie.  My ma se huis is verkoop hierdie jaar, en sy kom nou Paarl toe.  Nou hoef ons nie meer so bekommerd oor haar te wees nie.  Sy het so alleen in daardie groot huis gewoon.  Dankie Here dat U ook daaroor gewaak het en gehelp het.

Daardie Hadidas is darem eintlik pragtige voëls.  Daar is 2 in ons tuin.  Die kinders het hulle al name gegee – Kareltjie en Saartjie.  Maar kyk die honde kan hulle nie verdra nie.  Sodra hulle land skiet Nikita soos ‘n pyl uit ‘n boog en jaag op hulle af.  Dan skreeu hulle en vlieg weg!!!

Vanoggend het ek weer lekker gelag vir Adele se kat (siamese kat).  Sy het die kat gekry so ‘n jaar en ‘n half terug toe was daardie kat so wild dat ons haar in Adele se kamer moes toesluit.  Sy is deur ‘n vriendin van Adele aan haar gegee, waar hulle die katjie in die bosse gekry het.  Soos die katjie ‘n kat geword het, het ons agtergekom dit is ‘n Siamese kat.  Sy het daardie kat mak gemaak en versorg soos haar eie baba.  Nou is daardie kat so erg oor Adele dat net Adele vir haar kan kos gee en optel.  Sy en Adele praat lang stukke.  Vanoggend toe ek in Adele se kamer kom toe lê sy bo-op Adele en slaap.  Ek sê “Adele jy moet opstaan”  Die kat se miaau.  Ek vra vir Adele – “Het jy lekker geslaap”  Die kat sê Miaau.  So praat sy met my die heeltyd.  As ek iets vra – antwoord kat se kind.  Hulle twee is onafskeidbaar.  Sy soek vir Adele as sy nie daar is nie en as Adele se deur toe is dan skel sy buite die deur tot Adele oopmaak.  Ons is so lief vir ons 3 katte.  Elkeen sy eie persoonlikheid.

Groet nou eers.

Liefde

Louise 

Advertisements

Entry Filed under: Uncategorized

3 Comments Add your own

  • 1. Albertyn  |  Oktober 15, 2007 om 5:56 vm

    More Louise,

    Baie geluk met jou verjaarsdag en huweliksherdenking! Mag jy ‘n vreugdevolle geseende jaar he en al jou drome waar word!

    Liefde XXX

  • 2. Dellie  |  Oktober 15, 2007 om 7:18 vm

    Baie geluk met jou verjaarsdag en huwliksherdenking, Louise, mag die jaar vorentoe vir julle net mooi dinge inhou!

  • 3. Saar  |  Oktober 15, 2007 om 9:08 vm

    Geluk ou ding! Bly om te sien jy is ‘n jaardagmaatjie – ek het 12 Sept ook my 4×4 gevier! Nou kan ons enige terrein betree! Hoop jy word bederf vandag – jy’s sommer baie spesiaal! Xx


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Oktober 2007
M D W T V S S
« Sep   Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: