O! DIE KULTUUR VERSKIL VAN DIE BURE!!! SONDE MET DIE BURE

Oktober 4, 2007 louiselourens

More alle bloggers

Wat ‘n pragtige nuwe dag.  Sing ‘n loflied vir God,  want Hy het dit vir ons gegee om te geniet. 

Ons het so waar as wragtie nou ‘n probleem.  Daar het nou nuwe bure (so 6maande gelede) langs ons ingetrek.  Maar hulle het ‘n ander kultuur as ons (as jy nou kan verstaan wat ek sê).  Daar is so ‘n klein bietjie verskil in ons kleure.  Nie dat ek rasisties is of omgee nie, want hulle is heel ok.  Hoet net baie en skreeu kliphard en daar woon 6 van hulle in die huis.  Mamma, Pappa, 2 dogtertjies, en 2 werkers.

Ons swembad sit in die hoek van ons erf.  Ver van ons huis, sodat ons heeltemal privaat kan wees.  Nou het ons begin om die swembad skoon te maak, en wat gebeur nou??? As ons het hard asem haal by die swembad, skuif die kinders ‘n tafeltjie tot by die muur en hulle twee en die twee werkers loer oor die muur om te sien wat ons doen?

Nou weet ek dat wanneer ons regtig gaan begin swem, gaan ons gedurig ‘n “gehoor”  hê.  Ons is mos nie in ‘n gala dat ons toeskouers wil hê nie.  Wat doen ‘n mens nou??  Ek en Pappie hou dan hoeka daarvan om alleen te swem!!!! Net soos wat ons is!!! Hoe nou gemaak???

Die jaar kom nou vinnig tot einde.  Die 15de Oktober is ek al weer ‘n jaar ouer en ‘n jaar langer getroud.  En dan is dit Kersfees. 

Kinders word ok nou groot.  Sjoe.  Pia het so waar ‘n prys gekry dat sy 3de in haar Graad is (Graad 9).  Dit is wonderlik.  Ons is so trots op haar.  Gemiddelde persentasie 83%.  Nou wil sy ‘n mp3 player hê.  Dit is ‘n bietjie moeilik, want hulle is ‘n bietjie duur.  Maar ons glo op God vir ‘n wonderwerk.

Ek moet nou eers weer werk.

Lekker dag

Louise 

Advertisements

Entry Filed under: Uncategorized

3 Comments Add your own

  • 1. Kameel Joggie  |  Oktober 4, 2007 om 8:27 vm

    Louise. ek het simpatie met jou! Kry een van daai spreiers wat jy kan stel wat net een kant toe spuit en stel dit dan so dat dit net-net oor die heining spuit, daar waar die apies oor loer!
    Sterkte vir jou, en moenie jou steur aan die aanvalle op SSSB teen jou as persoon nie.Daar is baie bloggers wat jou insetsels geniet.
    Mooi dag.

  • 2. Saar  |  Oktober 4, 2007 om 8:41 vm

    Stuur al die moeilikheidsoekers vierkantig in hulle kanon in. Sê net wat jy wil! Ek kan skynheiligheid nie verdra nie! KameelJoggie se plan 100%! hee-hee!

  • 3. Albertyn  |  Oktober 4, 2007 om 9:18 vm

    Ek stem saam met Saar! Vryheid van spraak jy weet! Ja nee, Kameel Joggie se plan kan dalk net werk, hie-hie.

    Lekker dag almal.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

Oktober 2007
M D W T V S S
« Sep   Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: