WAT ‘N NAWEEK!!

September 25, 2007 louiselourens

Dit was ‘n baie heerlike naweek.  Nerens heen gegaan, net by die huis, maar bymekaar.

 Toe het my oudste dogter besluit haar leerling lisensie verval Oktober 2008 en sy moet nou vinnig leer bestuur.  Dit was regtig ‘n nagmerrie.  Sy maak ‘n u draai in vierde rat sonder om in die truspieëltjie te kyk!  My nerves!!!! Pa sit agter  –  sê nie ‘n woord – dood benoud.  Die wegtrek was ok, maar as sy eers weg is dan weet sy nie om daardie petrol pedaal te los nie!

Ek het later nie geweet of ek die veiligheidsgordel moet aansit en of ek dit moet afhaal nie, want as jy dit aansit kan jy nie betyds uitspring nie en ook nie betyds agter die stuurwiel inskuif as iets gebeur nie.  As jy nie jou veiligheidsgordel aan het nie en iets gebeur kan dit darem nog jou lewe red!  Ek het maar net aan die handrem vasgeklou.  Gelukkig het ons veilig by die huis gekom.

Lekker uitgerus, geslaap en nogmaals geslaap.

Nou ja ek groet eers tot later

L

Advertisements

Entry Filed under: Uncategorized

2 Comments Add your own

  • 1. jeven  |  September 26, 2007 om 1:31 nm

    skrikwekkende ervaring daai, die leer-bestuur storie! My ma het ons laat stop en wegtrek vir ‘n hele twee blokke ver in ‘n stil straat, tot ons mooi die gevoel gekry het, voor ons verder mag gery het. Dalk moet jy daai probeer? Sterkte!

  • 2. karoles  |  September 26, 2007 om 1:42 nm

    My sussie het my leer bestuur, my pa was nie by die huis nie, ons het toe sy bakkie gevat. Ons het in ‘n park gaan ry, daar was maar 3 bome in die park. Toe ek so op die middelste boom afpeil, so skreeu my sussie ek moet briek, maar ek was so verbouereerd, ek het toe gas gegee. En ek het daai middelste boom geraak!!! ‘n Ervaring wat ek definitief nooit in my lewe sal vergeet nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

September 2007
M D W T V S S
    Okt »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: