WAT ‘N VERSKRIKLIKE HEERLIKE GEVOEL

September 20, 2007 louiselourens

More al julle pragtige vriende en vriendinne

Hoe wonderlik was dit nie om van ALMAL van julle comments te kry!!! Ek voel soos ‘n movie star!! He he. Ek het eintlik ‘n lekker gevoel gekry van my kroontjie tot my toontjie.  Tot daar waar ek gedink het ek kan nie ‘n rilling kry nie.

Gistermiddag was ek so opgewonde om vanoggend by my rekenaar te kom dat ek omtrent niks geslaap het nie.  Dit is wonderlik om soveel vriende te hê.   Baie dankie julle vir die ondersteuning.

Vanoggend het ek met ‘n lied in my hart wakker geword, en gevoel dat daar vandag iets goeds gaan gebeur.  So asof die Here vir my vandag iets spesiaals uitgesit het.

Die kidz is nie vandag skool toe nie, want hulle doen niks by die skool een die skool sluit ook mos more.  So hulle moet vandag in die huis werk.

Die boyfriend van Adele – my middelste dogter – kom nou die naweek na ons toe.  Een voordeel daarvan is dat sy nou daardie huis met ‘n tandborsel skoon maak.  Alles blink!!

Ja ek doen hierdie blog vanaf die werk, want ek het nie ‘n rekenaar met internet by die huis nie, so ek moet maar ook baie versigtig wees.  Maar dit maak dit tyd so lekker vinnig verbygaan.

Kyk, ek hoop daardie radio ontplof wanneer dit ingesit word.  My man dink hulle verkoop dit weer aan die taxi drywers vir ‘n appel en ‘n ei.  My man het so hard gespaar om daardie radio te koop.  Elke maand R50 van s salaris afgeknyp.  Maar nou ja, ons kan net sê dankie Here ons was nie in motor toe dit gebeur en hulle kon ons gekaap het of ons dood gemaak het.  Moet sê daar waar ons woon het ons nog nie eintlik diefstal gehad nie.  Die Engele van die Here is te bedrywig daar rondom ons huis.

Kyk ek sien ook darem nou al uit nie die somer, die kinders tan so lekker al daar by my as die son uitkom, maar kyk as ek my self so in die spieël kyk, dan skrik ek.  As ek nou langs ‘n walvis moet staan, sal die walvis ook sing “We are family”!!!! Gedink met al die swaarkry sal ek darem ‘n bietjie gewig afgeskut het, maar lyk my as ‘n mens ouer word dan tel jy op al eet jy niks.  Seker die hormone!!!  Hoop net ek pas nog in laasjaar se somers klere.

Die Brein ek hoop jou vrou se historektomie het goed afgeloop.  Ek het op 32 jarige ouderdom een gehad en dit het so ‘n bietjie skeef geloop.  Moes drie maal daarna geopereer word.  Toe het hulle uitgevind die genikoloog het my dukderm stukkend gesny. Was omtrent ‘n trauma, maar na hulle toe die dukderm reggemaak het het ek gesond geword.

Ek weet nie hoe om fotos hier op die blog te sit nie.  Het so baie wat ek wil wys.  Kan iemand dalk verduidelik??

Nou ja ek gaan nou eers verder werk.  Sal more weer ‘n lekker briefie skryf en verder vertel van my wedervaringe.  In my huis is daar nooit ‘n vervelige oomblik.

Veral met drie tienners wat se hormone hulle ook pla!!

Liefde groete

Louise 

Advertisements

Entry Filed under: Uncategorized

3 Comments Add your own

  • 1. Albertyn  |  September 20, 2007 om 8:48 vm

    More Louise,

    Kan nie wag om die foto’s te sien! Hoop jy kom reg.

    Lekker dag

    C

  • 2. hcs  |  September 20, 2007 om 9:12 vm

    Hi Louise
    ek het ‘n email van jou gekry vanoggend, maar toe reply ‘n ene Gavin op my laaste comment aan jou, toe wonder ek wat aangaan…? anyway – dankie vir die mail. jy het nou my adres, so stuur maar aan as jy wil!
    Dis jammer van die radio, maar ek is bly vir die engele so vlak by jou huis!

  • 3. Louise Visser  |  September 20, 2007 om 7:42 nm

    Hi Louise

    Dit lyk mooi hier. Sterkte vir julle met als hier, en die belangrikste ~ GENIET dit!

    Mooi bly
    Van n ander Louise
    Perrie op Steve se blog


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

September 2007
M D W T V S S
    Okt »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: