Hier is ek wragtag op my eie blog

September 19, 2007 louiselourens

Hello al julle vriendelike mense.

 Ja ek het dit reggekry.  Al wat ek nou net nog moet leer is hoe om fotos en sulke goed in te sit.

 Ek is baie trots op myself.  Sal baie kan vertel so deur die dag.

Het heel rustige dag gehad gister tot gister aand toe hulle ons kar se radio voor die huis gesteel het.

My man is nou regtig gatvol vir hierdie crime.  Ons het niks dan steel hulle daardie niks ok nog.

Kinders het my nog altyd in ‘n spastiese knoop met daardie musiek van hulle en met hulle back chat, maar ek laat my nie onder kry.

Ek is ok een van supersterre aanhangers en geniet dit uit my skoene uit.  Ek kyk nog die spulletjie deur om te sien wie vir my die beste lyk en sing, maar daar is so ‘n gunsteling of twee.

O kyk ek werk vir ‘n Jood, dis net ek en hy, maar hy maak my mal.  So suining soos wat net ‘n Jood kan wees en wil alles weet wat ek doen en tik.  Hou my met arends oë dop!!!

Ek gaan nou eers afsluit om te kyk of die dêng werk.

 As hy werk antwoord my asseblief, anders gaan ek op moed verloor se vlakte sit.

Liefies en God’s rykste seën 

Loise 

Advertisements

Entry Filed under: Uncategorized

21 Comments Add your own

  • 1. Dellie  |  September 19, 2007 om 8:21 vm

    More Louise, en welkom! Nou het jy jou eie spasie waar jy kan skryf net soveel jy wil!

    Jammer om te hoor van die radio, ai tog, soos jy sê, mens het niks, dan kom vat hulle dit ook nog!

    Sien uit na baie lekker stories van jou!

  • 2. Renchia  |  September 19, 2007 om 9:22 vm

    Haai Louise,

    Ek het jou blog gelees en ek is mal oor die pienk en die blomme.

    Supersterre – ekke hou van Kobus en hoop regtig hy wen

    Lekker dag

  • 3. Karoles  |  September 19, 2007 om 10:03 vm

    Heeee hy werk!! Welkom in die blogwêreld!!

  • 4. dirkltjie  |  September 19, 2007 om 10:18 vm

    Mooi Louise. Jou blog lyk baaie beter as myne wat ek ook nounet gebou het!

  • 5. jeven  |  September 19, 2007 om 10:44 vm

    Hi Louise,

    Welkom op die ‘blog’!
    Sien, dis toe nooit so moeilik nie, ‘n ou leer vinnig soos jy aangaan…
    as jy hulp soek, mail my by jeven1@gmail.com dan kyk ek of ek kan help…
    Terloops, gaan kyk weer na jou profile op sssb, daar is ‘n tikfout in jou adres wat aan jou naam link, daar’s net een ‘s’ in wordpress ipv 2, dus kom ek op ‘n snaakse plek uit as ek die link volg.

    Lekker dag verder!

    Ek’s mal oor die pienk en blomme!

    J

  • 6. Dellie  |  September 19, 2007 om 10:49 vm

    Hi, weer ekke. Die adres van jou blog is verkeerd by SSSB, gaan check net jou spelling, “wordpress” met 2 s’e, anders gaan die ouens nie by jou uitkom nie.

    Geniet dit!

  • 7. ekke  |  September 19, 2007 om 11:15 vm

    Welkom in die virtuele wereld!

  • 8. Albertyn  |  September 19, 2007 om 11:17 vm

    Baie geluk met jou blog Louise! Ek geniet jou stories baie. Sterkte met die tieners, hulle hou ons op ons kniee ne?

    Groete

  • 9. Deffie  |  September 19, 2007 om 11:19 vm

    hi louise,

    ekt direk op jou blog gegaan via SSSB. Ek dink jy’t jou blogadres verkeerd ingetik op jou personal info op SSSB se informasie. Ek vermoed jy’t wordpress met net 1 s ingetik. Dus, mens kan nie jou blog “access” vanaf SSSB nie.

    Sterkte
    Def

  • 10. Chocolate koek  |  September 19, 2007 om 11:20 vm

    Hi Louise, baie geluk, dit lyk baie mooi. Hier gaan ons nog dooie jakkelse aan die draf gesels. Lekker dag

  • 11. Sarita  |  September 19, 2007 om 11:29 vm

    Hi Louise

    Geluk met jou blog, nou kan jy jou gate uit geniet.

    Groetnis

  • 12. hcs  |  September 19, 2007 om 11:35 vm

    HI Louise
    geluk met die blog. ek het die debat op steve se blog gevolg en dink dit was ‘n briljante idee van jou. ek sal hier ook op ‘n daaglikse basis inpop.

  • 13. Arabier  |  September 19, 2007 om 11:48 vm

    Louise, baie geluk!
    Is so baie bly dat jy laasweek geluister het en nie weggebly het van SSSB nie. Sal ook gereeld inloer en sien watter soet en suur jy het om met jou ”aanhangers” te deel 🙂
    Jammer om te hoor van die radio. Dit is sulke goed wat my die vieste in maak, maar ek bid elke dag dat ons Meester sal ingryp, en ek glo Hy gaan, op Sy tyd. Byt vas, die dinge sal ook verby gaan,eendag!
    Groete uit die Sandput.
    Arabier 🙂

  • 14. Amanda  |  September 19, 2007 om 11:51 vm

    Mooi gedoen Louise. Kan nou lekker al jou stories hier kom lees.

    Amanda

  • 15. Nellie  |  September 19, 2007 om 11:54 vm

    Hi Louise

    Ek het darem uiteindelik uitgefigure hoe om op die blog te kom.

    Ek is baie bly jy het dit gedoen, want jou nuus is altyd baie interessant vir my. Ek hou ook van die ontwerp (blomme). Dit is nogal die tipe mens wat ek my voorgestel het jy sal wees.

    Lekker dag vir almal.

  • 16. Saar  |  September 19, 2007 om 12:01 nm

    Hiep hiep hoera!Mooi so ou dier! Natuurlik gaan ons almal by jou kom kuier – jy’s mos ‘n ou vriendin!
    Hoop daai radio skiet vonke uit elke keer as hy aan hom raak!

  • 17. Eben  |  September 19, 2007 om 12:40 nm

    Uiteindelik is jy ook hier!! Baie welkom en mag ons baie grappies en laggies vanaf jou hoor!!

    En as jy vasbrand, glo my almal help hier, lekker vriende.

  • 18. BB  |  September 19, 2007 om 1:32 nm

    Welkom! jy is nou amtelik ‘n vissie in jou eie akwarium! pasop vir te veel persoonlike detail – dis ‘n wilde wêreld daarbuite en slegte mense het ook internet connection!!
    Geniet dit!

  • 19. Melanie du Toit  |  September 19, 2007 om 2:20 nm

    K, cool!!
    Hoop om interessante brokkies van jou af te kry!!

  • 20. rb  |  September 19, 2007 om 3:19 nm

    Hi Louise.
    Geluk met die blog, geniet dit!!!

  • 21. Basil  |  September 21, 2007 om 9:28 vm

    Hi Louise.
    Soos die ander se, welkom hier!! Hier kan jy se wat jy wil en soos jy wil, want volgens my dra gedagtes nie broek nie!! LOL!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Bladsye

Kategorieë

Kalender

September 2007
M D W T V S S
    Okt »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Most Recent Posts

 
%d bloggers like this: