More almal

Ai wat kan ek tog sê. Ek voel eintlik droewig, maar tog wil ek uit my vel bars, want ek het vandag die bul by die horings gepak. Hande het gesweet en gestrompel oor woorde, want ek is nie een wat kan baklei met my mond nie en om te vra is vir my baie moeilik, maar ek het agtergekom dat ek wel te min betaal word, deur almal wat dit op steve se blog genoem het.

Dit is toe dat ek besluit dit is nou of nooit. Ek vra toe my baas, hy is ‘n Jood, en baie baie suinig of hy nie dink ek verdien te min nie. Hy het ge o en ge a en besluit om Mannekrag of CCMA wat ookal hulle mag wees te skakel. Hulle het toe bevestig dat ek R550 per week moet verdien vir ‘n halfdag pos.Ek is ook geregtig op siekverlof, bonus aan die einde van die jaar en ook verlofgeld.

Hy het toe ingestem om my R550 per week te betaal vanaf 1 November en ‘n verhoging elke jaar.

So ek sien vreeslik uit na my Pay day en sal natuurlik eerste my tiende uithaal en dan vir ons ‘n lekker skaap tjoppie gaan koop.

Dankie vir julle wat my die guts gegee het om te gaan vra, anders het ek nou nog met ‘n dagloner se loon gesit.

My man is ook in die wolke en ek kon sien hy het ‘n slaak van verligting gesug.

Dan wil ek ook sê Prys die Here Dankie Here.

Ek voel self ook nou beter en sien die lig en wil net glimlag.

Adele lê by die huis met ‘n maag virus, maar het pille by dokter gekry en laat aflewer. Ons het ‘n mediese fonds en hulle betaal daarvoor.

Baie geluk aan Cheetahs. Julle ht verdien om te wen.

Liefde
Louise

Add comment Oktober 29, 2007 louiselourens

EK HET DIE BAAS AANGEVAT EN GEWEN!!

More

Nadat almal my attend gemaak het op die feit dat ek te min verdien, het ek besluit dit is tyd dat ek die bul by die horings pak.  Hande het gesweet, hart het in my oogkaste geklop, woorde wou nie formuleer nie, maar ek het aan hom gestel dat ek dink daaraan om ander werk te soek aangesien die salaris te min is.  Hy se toe dat hy my nie wou verloor nie en bel toe die kantore van Mannekrag.

Hulle het toe aan hom bevestig dat my salaris moet ±R550 per week wees.  Dit is die minimum wat hy moet betaal.  Ek is ook geregtig op vakansiegeld, siekverlof en bonus.

Ek het gedink hy gaan squeel, aangesien hy ‘n Jood is, en hulle nie baie lief vir betaal is nie, maar sonder enige moeilikheid het hy vir my gesê hy sal my vanaf 1 November R550 per week betaal.  Ek het amper flou geword van verligting.

So ek sien nou baie uit na die einde van die maand .  Eerste gaan ek my tiende elke week uithou en daarna ‘n lekker skaap tjoppie koop.

Ek het nou opgestaan en lig my kop op en kyk die wêreld vierkantig in die oë.

 Baie liefde

Louise

3 comments Oktober 29, 2007 louiselourens

RUGBY, RUGBY EN NOGMAALS RUGBY!!

Dit gaan ‘n naweek wees van BAIE opwinding.  O, die Bokkies moet net hulle ding doen!!

 Die somer is met ons.  Lekker warm, swem dae. 

Die masels het darem gewyk en Pia is vanoggend weer skool toe.  Sy was so vervelig dat sy later al wat ‘n boek is gelees het wat in die huis rond is.

Vandag voel ek heel goed.  Dit gaan goed met ons. God is so getrou.  Mense wat omgee vir ons in hierdie moeilike tyd, dit is verstommend.  Ek wil ook sommer dankie sê vir almal wat ons gehelp het en nog steeds help.   Dit word regtig waardeer.  So baie dae wonder ‘n mens wat van môre, maar dan kom God met die uitkoms.  Dankie.

Nog steeds wil ek graag weet, wat se reuk laat jou glimlag?  Daar moet baie wees.  Ek lag as ek ‘n klein ou hondjie se asem reuk kry.  O dan wil ek hom net opvreet 

Ja, nou ja, ek moet solank my stem gaan oefen vir die skreeu van more, anders as ek te sag skreeu kan hulle my nie in Frankryk hoor nie.

 Lekker naweek en skreeu tog hard. 

1 comment Oktober 19, 2007 louiselourens

EK VERJAAR VANDAG – LEKKERRRRRRRRR

Ja, ek verjaar vandag – dit is so ‘n lekker gevoel.  So ‘n lekker vlinder in die maag gevoel, want wat se verrassings gaan ek vandag kry????  Ja ek is ‘n sucker  vir verrassings en presente.  Dit is seker maar nog die kind in my!!!!

Is so verras deur manlief.  Koffie en gesteelde  blomme  van die bure in die bed – 12 uur en weer koffie halfvyf deur die kinders met 3 chocolate chip koekies en kappertjies in ‘n potjie.  Dit was so dierbaar van hulle.  Daar is nou nie koek en tert nie en geskenke nie, maar die feit dat hulle vir my moeite maak is ‘n groot geskenk.

Ek is vandag ook 24 jaar getroud.  Die tyd het gevlieg.  En die gryshare het gekom!!!

Sal so graag wou gaan uiteet, maar sal maar volgende jaar dit doen.  As die Here ons spaar en ons lewe.

Die naweek se rugby was regtig lekker.  Ek is so bly vir die Bokke.  Volgende naweek sal ek die res van my vingers afkou!!!  Ek dink die Bokke het ‘n goeie kans om te wen!!

Julle moet julle dag geniet

In die Naam van Jesus wens ek julle ‘n geseënde dag toe.

Lovies

Ekke 

Add comment Oktober 15, 2007 louiselourens

GOEIE DAG ALMAL

Dit is so lekker om net weer hier te kan praat, hart skoon te maak.  Ek voel darem vandag so bietjie beter.

 Maandag is my groot dag!! Ja, sowaar 24 jaar getroud en 44 jaar oud.  Kan jy glo?? Hierdie jaar se verjaarsdag sal maar stil moet verbygaan, want geld is daar nie vir ‘n party of koek en tee nie, en weet ek sal van manlief en kinders niks kry, maar hulle sal vir my daar wees en hulle liefde gee, so dit is ‘n groot geskenk.  Dank die Here dat ek nog ‘n jaar kon beleef.

As ek terugkyk op my lewensjaar wat verby is, was daar baie lief en leed, mooi en lelik, maar God se genade is GROOT.  Daar was lag en huil, op dae en af dae, maar ons het bygehou as gesin, met God aan ons sy kon ons dit nie maak.  Dankie Here vir U getroue liefde en bystand – Dankie dat elke haar wat van ons koppe geval het, U daarvan bewus was, dankie God vir elke traan wat U opgedroog het.  Dankie God vir elke glimlag wat U op ons gesin  se gesigte gesit het. Amen

My pa was vanjaar 1 jaar oorlede, mis hom nog baie.  My ma se huis is verkoop hierdie jaar, en sy kom nou Paarl toe.  Nou hoef ons nie meer so bekommerd oor haar te wees nie.  Sy het so alleen in daardie groot huis gewoon.  Dankie Here dat U ook daaroor gewaak het en gehelp het.

Daardie Hadidas is darem eintlik pragtige voëls.  Daar is 2 in ons tuin.  Die kinders het hulle al name gegee – Kareltjie en Saartjie.  Maar kyk die honde kan hulle nie verdra nie.  Sodra hulle land skiet Nikita soos ‘n pyl uit ‘n boog en jaag op hulle af.  Dan skreeu hulle en vlieg weg!!!

Vanoggend het ek weer lekker gelag vir Adele se kat (siamese kat).  Sy het die kat gekry so ‘n jaar en ‘n half terug toe was daardie kat so wild dat ons haar in Adele se kamer moes toesluit.  Sy is deur ‘n vriendin van Adele aan haar gegee, waar hulle die katjie in die bosse gekry het.  Soos die katjie ’n kat geword het, het ons agtergekom dit is ‘n Siamese kat.  Sy het daardie kat mak gemaak en versorg soos haar eie baba.  Nou is daardie kat so erg oor Adele dat net Adele vir haar kan kos gee en optel.  Sy en Adele praat lang stukke.  Vanoggend toe ek in Adele se kamer kom toe lê sy bo-op Adele en slaap.  Ek sê “Adele jy moet opstaan”  Die kat se miaau.  Ek vra vir Adele – “Het jy lekker geslaap”  Die kat sê Miaau.  So praat sy met my die heeltyd.  As ek iets vra - antwoord kat se kind.  Hulle twee is onafskeidbaar.  Sy soek vir Adele as sy nie daar is nie en as Adele se deur toe is dan skel sy buite die deur tot Adele oopmaak.  Ons is so lief vir ons 3 katte.  Elkeen sy eie persoonlikheid.

Groet nou eers.

Liefde

Louise 

3 comments Oktober 12, 2007 louiselourens

WIL NET NE OP NIE – WAT IS TOG FOUT?

More

Dit is so ‘n lekker warm dag buite, maar steeds voel ek so donker, so af, so niks.  Het gister nie juig ge eet, vanoggend het ons net swart koffie gehad, miskien is my liggaam ‘n tekort aan iets, soos vitamiene, of yster of wat ook al.  Miskien is dit stres.  As ek nou my oë toemaak slaap ek tot volgende jaar.

Pierre geniet sy werk so vreeslik, maar is lekka moeg saans.  Vandag verjaar die skool!!  Almal kry roomys en chips.  Ek sien al die kindertjies se gesigte!!!  Hy kom vertel elke aand gretig wat hy die dag gedoen het.  Sjoe en dit is nogal baie.  Ek dink hy is baie trots op homself.  En ek ook. 

My oudste meisiekind Marguerite se jaar afskeid is Vrydag aand.  Ma is soooooo trots op haar.  Alles het sy self betaal.  Gewerk vir geld en rok laat maak en skoene gekoop.  Sy wou glad haar geldjies gee vir kos, maar hoe kon ek dit vat, dit is vir haar die belangrikste afskeid van haar lewe.  Volgende jaar is sy in die grootmenswêreld en moet sy vir haar eie salaris werk.  Sy is gekies om op Seyshell eilande te gaan werk.  Maar die boyfriend wil nie hê.  Ek het haar raad gegee, maar sy moet self besluit. Sy moet nie oor 5 jaar vir hom verwyt as sy nie kon gaan.  Hulle is nie getroud of verloof so ek gun haar die rondreis totdat sy getroud is.  Sy is nou eers 20 jaar oud. Haar lewe lê nog voor haar.

O, en my middelste Adele, is nou st 9, maar die matrieks is mos nou weg en en kyk nou het sy daardie siekte wat alle matrieks kry.  Hulle koppe swel so op dat dit te swaar word vir hulle lyf!!!!!  Sy dink sy is nou net DIE EEN!!  Sal maar moet bietjie ingryp en terugbring aarde toe, want ai, die val kan so seer wees.  Kleinsus Pia, wat nou in st. 7 is het juis vanoggend deurgeloop omdat haar kuif nie vasgesteek was nie!!  O hulle is so vol dinge.  Maar die ergste is dat hulle so moet honger kry die tydjie.  Die ogies is party dae sommer vol trane.  Saans gaan slaap hulle half nege sodat die nag net verby kan kom om more te kyk of dit beter gaan.  Ek kry my kinders regtig jammer.  Party keer gee die maatjies darem so ‘n broodjie, dan is dit weer ok.  Maar hulle weet dit is net tot die einde van die maand, want ons het met hulle gaan sit en praat, en hulle aanvaar dit so.  Somtyds dan kry ek so ‘n bladsy of twee om te tik dan het ons gou ‘n R20 dan kan ons brood gaan koop.  Die Here voorsien altyd.  Maak nie saak hoe en hoeveel, Hy sien ons swaarkry raak.  Dit maak ok maar net van ons beter mense sodat ons kan sien as dit goed gaan met ons, dat indien ander mense swaar kry ons hulle dan moet help. 

 Nou ja ek gaan nou eers weer groet.

Ek kan nie meer my oë oophou nie.

Liefde aan almal en wonderlik seën van Onse Hemelse Vader

Louise 

1 comment Oktober 11, 2007 louiselourens

Swaar dae nog tot einde Oktober

Ai vanoggend voel ek weer so ‘n bietjie down!!! Dit is weer een van daardie dae wat daar nie kos op ons tafel is nie.  Dit was erg om vanoggend die kinders skooltoe te stuur sonder kos.  Maar wat kan ek doen.  Die geld is daar nie en die einde van die maand is nog ver!

As Pierre net eers sy eerste salaris kry kan ons darem weer gaan kos koop.  Hy verdien R4 000 per maand by die skool.  Dan kan ons so R1 500 se kos per maand koop.  Dit is darem iets.  Die Here is vir ons baie goed, want Pierre het ten minste ‘n werk. 

 Dit is net party dae soos vandag wat ek af voel, ek kan nog sonder kos gaan, maar wat van my kinders.  Hulle presteer so goed.

 Pia het gisteraand 2de gekom in 800m langafstand.  Sy het hard geoefen daarvoor, maar die beloning wat ons haar kan gee – geen kos eers nie.

Ai nou ja laat ek maar weer aangaan.  My kop optel en glimlag.

Liefde Louise 

Add comment Oktober 10, 2007 louiselourens

O! DIE KULTUUR VERSKIL VAN DIE BURE!!! SONDE MET DIE BURE

More alle bloggers

Wat ‘n pragtige nuwe dag.  Sing ‘n loflied vir God,  want Hy het dit vir ons gegee om te geniet. 

Ons het so waar as wragtie nou ‘n probleem.  Daar het nou nuwe bure (so 6maande gelede) langs ons ingetrek.  Maar hulle het ‘n ander kultuur as ons (as jy nou kan verstaan wat ek sê).  Daar is so ‘n klein bietjie verskil in ons kleure.  Nie dat ek rasisties is of omgee nie, want hulle is heel ok.  Hoet net baie en skreeu kliphard en daar woon 6 van hulle in die huis.  Mamma, Pappa, 2 dogtertjies, en 2 werkers.

Ons swembad sit in die hoek van ons erf.  Ver van ons huis, sodat ons heeltemal privaat kan wees.  Nou het ons begin om die swembad skoon te maak, en wat gebeur nou??? As ons het hard asem haal by die swembad, skuif die kinders ‘n tafeltjie tot by die muur en hulle twee en die twee werkers loer oor die muur om te sien wat ons doen?

Nou weet ek dat wanneer ons regtig gaan begin swem, gaan ons gedurig ‘n ”gehoor”  hê.  Ons is mos nie in ‘n gala dat ons toeskouers wil hê nie.  Wat doen ‘n mens nou??  Ek en Pappie hou dan hoeka daarvan om alleen te swem!!!! Net soos wat ons is!!! Hoe nou gemaak???

Die jaar kom nou vinnig tot einde.  Die 15de Oktober is ek al weer ‘n jaar ouer en ‘n jaar langer getroud.  En dan is dit Kersfees. 

Kinders word ok nou groot.  Sjoe.  Pia het so waar ’n prys gekry dat sy 3de in haar Graad is (Graad 9).  Dit is wonderlik.  Ons is so trots op haar.  Gemiddelde persentasie 83%.  Nou wil sy ‘n mp3 player hê.  Dit is ‘n bietjie moeilik, want hulle is ‘n bietjie duur.  Maar ons glo op God vir ‘n wonderwerk.

Ek moet nou eers weer werk.

Lekker dag

Louise 

3 comments Oktober 4, 2007 louiselourens

OKTOBER DIE MOOISTE MOOISTE MAAND

Vanoggend voel ek na vieg. Hoog, hoog bo die wolke en kyk, kyk na alles was mooi is.!!!

Vanoggend is ons Laerskool Drakenstein toe, tas gepak soos ‘n kind wat vir die eerste dag skool toe is.  Ons was al twintig oor ses daar!!! Maar dit maak nie saak, want dit is vir ons ‘ n nuwe begin.  Die maand is lank, ja, die salaris het nog nie gekom, maar daar is ‘n liggie aan die end van die tonnel.  Die 15de Oktober verjaar ek en ons is 24 jaar getroud.  Ek weet hierdie jaar sal ek sonder ‘n ou geskenkie moet gaan, maar dit sal ook verander.  Die grootste geskenk is dat Pierre weer werk het.  Hy het rede om soggens op te staan.

Die kinders is terug skooltoe, Adele met mangelontsteking, maar sal kyk hoe lyk sy vanmiddag, dan sal ek haar dokter toe neem.

Vanaan begin die groot oefen!!  Stap vir 30 minute, ek moet begin oefening doen anders gaan ek te ongesond word.

Die somer is hier, word weer warm, die swembad moet nog eers wag sodat ons hom kan begin regkry vir somer.  Dit sal ons die einde van die maand doen.

Gaan eers weer werk

Liefde

Louise 

1 comment Oktober 1, 2007 louiselourens

IS LUIHEID ‘N SIEKTE? MALL TOE SAAM MET DOGTER, UITMERGELENDE ONDERVINDING

Hello my liewe blog

 Ek is nou so lui soos ‘n slang wat in die son lê.  Is dit dalk ‘n siekte??  Dan is daar seker nie ‘n pil daarvoor nie!!! Moet nou my vinger trek anders kry ek niks gedoen.  Tien keer diep asem haal deur die neus en uitblaas by die mond… Soja nou voel die brein weer oop!!!

Gister was ek en Marguerite (oudste dogter) Mall toe – so 2 – 5 min se ry vanaf ons huis. Heel onder protes!!!! Kon daardie tyd benut vir beter dinge.

 Haar eindjaar bal is op 12 Oktober en sy het mense se voete gedoen (pedikure en manekure) teen R70 vir voete en R70 vir hande.  Die arme kind was doodmoet, maar op die ou end het sy R1 000 ingesamel vir haarself.  Sy het self haar rok se materiaal gaan koop, dit vir die vrou gevat om dit te maak.  Sy gaan self  betaal vir die maak van die rok, self betaal vir die hare se doen en self betaal vir die skoene en juwelierware.  Ek is vreeslik trots op daai kind.  Sy ken van swaarkry en harde werk.  Is pos as lektrise by die Instituut aangebied in die Paarl, sy oorweeg dit sterk.  R10 000 per maand salaris.  Gun dit vir haar, want sy is hardwerkend.  Sy kan dan haar eie woonstel en karretjie bekostig.

Maar om terug te kom na die Mall.  Sy maak jou gedaan, want sy kyk na hierdie skoene en dan moet ons na ander winkels gaan om nog skoene te gaan kyk, en dan kom sy terug na die eerste winkel en vat daardie skoene.  Van juweliersware tot tampons was ‘n gekiesery dat ek later maar moeg op ‘n bankie gaan sit het.  Sy kan ook nie besluit watter juweliersware sy wil hê nie, en alles is net nie reg nie of te lank of te kort of te oranje of te rooi!!  Sy het ‘n baie ligte vel, so sy het ‘n rooi-oranje materiaal gekry vir haar rok.  Pragtige patroon wat sy uitgekies het, sal fotos op die blog sit as die funksie klaar is.

 Die jongste Pia is vanaf Dinsdag Malmesbury toe na haar vriendin.  Ek gun haar dit, want haar rapport het weer op 95% gimmedeld gestaan die kwartaal.  Tweede in die klas en vanjaar kry sy ere kleure.  Ons is so trots op haar en beoog om vir haar ‘n splinternuwe  skoolbaadjie te koop  sodat sy die randjie wat hulle kry om op die baadjie te stik op die nuwe baadjie te dra.  Sy het nog nooit ‘n nuwe skoolbaadjie in haar hele skoolloopbaan gehad nie.

Die middelste Adele is maar die stil een wat hou van kos maak.  Sy was ook so bietjie weg, maar is nou weer by die huis en gaan maar saam met Marguerite bedags.  Volgende jaar matriek en wil graag haarkapster word.  Sy leer bietjie sleg, want sy is doof in die een oortjie, maar is baie goed met die hande.  Ek ondersteun haar soveel as moontlik, want daar is baie potensiaal in haar. 

Gaan nou eers verder werk sodat ek nie so lui word nie 

 Liefde

Louise

1 comment September 27, 2007 louiselourens

Previous Posts Next Posts

Pages

Categories

Links

Meta

Calendar

November 2009
M T W T F S S
« Mar    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Most Recent Posts