NOU IS DIE EGSKEIDING ONAFWENDBAAR
Maart 17, 2008
louiselourens
Vanoggend voel ek hartseer, maar ook verlig. Ek en my man het besluit ons gaan maar nou skei. Ons kan net nie meer saam woon nie. Sy mishandeling word erger en die vermoeë om my lief te hê en te beskerm word by die minuut minder. Ek sien nie meer kans om langer my geluk bo ander s’n te stel nie.
Ek is afgekraak en my lewe is vir my gereël vandat ek my verstand gekry het. Eers was dit my ma en suster en toe my man. Hierdie situasie het nou uiters onuithoudbaar geword.
Vrydag aand het my Middelste dogter weer vir my vertel ek kan nie vir my kinders sorg nie en toe ek haar ‘n pakslae wou gee omdat sy so ombeskof met my is toe skop sy my tussen my bene dat ek krul van die pyn en dit nou potblou is. Hy het my gevloek en gesê ek moet ophou om met die kinders moeilikheid te soek en nie by hom kom kla nie. By daardie tyd was hy ook al redelik gedrink. Dit was vir my die laaste strooi op die kameel se rug.
Ek het die afgelope tyd 8 kilogram verloor, my mooi gemaak, my mooi aangetrek en alles moontlik gedoen om sy aandag te trek, maar die beledigings en vals aantuigings was al wat my beloning was. Ek het totaal nou my menswaardigheid verloor en moet nou weer van voor af begin om dit op tebou so ook my selfbeeld.
Miskien is dit nou ‘n nuwe “journey”, maar aanpak sal ek hom aanpak. En oorwin sal ek dit oorwin. Ek is klaar met mense wat my onder kry en dan op my trap.
BID ASSEBLIEF VIR MY
Baie dankie
Louise
Entry Filed under: Uncategorized
2 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to comments via RSS Feed
1.
Dellie | Maart 26, 2008 at 10:30 vm
Baie sterkte Louise, ek dink jy weet jy doen die regte ding. ((Louise))
2.
Carolina | Maart 28, 2008 at 12:53 vm
Glo in jou self! Wees lief vir jou self en staan op! Moenie dat jou kinders jou so behandel!! Sterkte!!