Archive for Maart, 2008




NOU ‘N NUWE LEWE

Die begin van ‘n nuwe lewe kyk na my.  Ek voel opgewonde, maar so ‘n bietjie bang.  Dit is ‘n onbekende wêreld wat ek nou moet betree.

Die huis is in die mark en ons hoop om darem so R1 000 000 uit te kry.  Dit is eintlik min, maar solank ek net kan weg kom en van voor begin.

Hy is nie baie in sy skik dat ek so haastig is nie, maar hoe langer dit sloer, hoe moeiliker is dit en hoe meer het hy kans om my selfbeeld die laaste rukkie nog verder af te breek.  Die kinders is HOOGS ombekof en blameer my vir alles.  As daar mense na die huis kom kyk dan word ek deur die kinders so vuil kyke gegee. 

Ek is moeg. Moeg van baklei, van vernederings en van altyd die minste te wees.  As die kinders by hom wil bly, sal ek nie in hulle pad staan nie.  Ek doen dit nie omdat ek nie vir hulle lief is nie en omdat ek ‘n slegte ma is nie, maar ek doen dit sodat hulle kan sien waardeur ek die afgelope tyd is.  Want dit sal nie lank wees nie, dan sal hulle agterkom wie en wat die “koning” pappa is.

Ek het alles vir hom gedoen die afgelope 24 jaar.  Van huis koop tot aanbou tot nou huis verkoop.  Hy het net nooit sy vinger gelig om iets te doen.  En ek is seker daarvan dat die meubel wa sal daar wees om my meubels op te laai, die nuwe mense sal al wil intrek, dan vra hy vir my waarnatoe moet hy gaan, want ek het nie gereel vir hom vir byplek nie.  Ek het die afgelope tyd agtergekom dat hy eintlik niks vir homself kan doen.  Toe ek terugkyk het ek besef dat elke keer as hy werkloos was, was dit ek wat vir hom werk gesoek het en ek wat vir hom onderhoude gereel het.  Ek moes met alles in die huis die leiding neem.  Dan het hy my beskuldig daarvan dat ek die “broek in die huis” wou dra, maar hy kon nie die broek dra, want hy het nie die ruggraat daarvoor nie.  Hy het nie eens in die tuin gewerk.  Daar was ‘n tuindiens wat dit gedoen het.  Buite uitvee en skoonmaak was my werk.  Vullisdromme op die straat sit was my werk.  As ek mooi dink, kan ek nie dink wat ek NIE gedoen het nie.  Die swembad moes ek skoonmaak, onderhou.  Die honde moes ek bad.  Die kinders en hy het gekyk wat ek doen!!

Nee wat.  Hierdie aspoestertjie gaan nou vir haar ‘n prins soek.  Wat gaan van hom word?  Maar gelukkig is dit nie my probleem.  Hy moet self regkom.  Hy slaap in ‘n ander kamer, wanneer hy soggens werk toe ry, sit hy nie eens die kamer se lig af nie.  Hy maak nie die bed op nie.  Die kamer vrot na rook.  Ek moet die lig afsit, maar weier om die bed op te maak.  Daar waar hy sy klere uittrek daar los hy dit.  Sy vuil onderbroeke word in my badkamer gelos na hy gestort het en ek moet dit dan in die wasgoedmandjie gaan gooi.  Dan vra mense nog vir my hoekom wil ek skei? 

Nou voel ek sommer beter

Lekker dag

1 comment Maart 27, 2008

NOU IS DIE EGSKEIDING ONAFWENDBAAR

Vanoggend voel ek hartseer, maar ook verlig.  Ek en my man het besluit ons gaan maar nou skei.  Ons kan net nie meer saam woon nie.  Sy mishandeling word erger en die vermoeë om my lief te hê en te beskerm word by die minuut minder.  Ek sien nie meer kans om langer my geluk bo ander s’n te stel nie.

 Ek is afgekraak en my lewe is vir my gereël vandat ek my verstand gekry het.  Eers was dit my ma en suster en toe my man.  Hierdie situasie het nou uiters onuithoudbaar geword.

Vrydag aand het my Middelste dogter weer vir my vertel ek kan nie vir my kinders sorg nie en toe ek haar ‘n pakslae wou gee omdat sy so ombeskof met my is toe skop sy my tussen my bene dat ek krul van die pyn en dit nou potblou is.  Hy het my gevloek en gesê ek moet ophou om met die kinders moeilikheid te soek en nie by hom kom kla nie.  By daardie tyd was hy ook al redelik gedrink.  Dit was vir my die laaste strooi op die kameel se rug. 

Ek het die afgelope tyd 8 kilogram verloor, my mooi gemaak, my mooi aangetrek en alles moontlik gedoen om sy aandag te trek, maar die beledigings en vals aantuigings was al wat my beloning was.  Ek het totaal nou my menswaardigheid verloor en moet nou weer van voor af begin om dit op tebou so ook my selfbeeld.

Miskien is dit nou ‘n nuwe “journey”, maar aanpak sal ek hom aanpak.  En oorwin sal ek dit oorwin.  Ek is klaar met mense wat my onder kry en dan op my trap.

BID ASSEBLIEF VIR MY

Baie dankie

Louise

2 comments Maart 17, 2008

Pages

Categories

Links

Meta

Calendar

Maart 2008
M T W T F S S
« Feb    
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Posts by Month

Posts by Category