DIE OUDSTE IS OPPAD
February 27, 2008
louiselourens
Ja die oudste is oppad! Ons ry Saterdag oggend Plet toe om haar te gaan wegbring. Die lys wat moet ingepak word is so lank soos my arm! Ek moet net alles voorsien. Sjoe my beursie wil nie meer nie! Ek kan sien sy raak hartseer om te gaan, maar dit was haar keuse. Sy was die een wat gese het sy wil so ver as moontlik van die huis af kom nadat sy geleer het! Nou sing sy ‘n ander deuntjie!!
Sy moet nou haar eie kos maak party dae, self wasgoed was en self haar finansies bestuur. Sal sy nou dalk agterkom wat haar ma alles vir haar gedoen en beteken het? Sy was self een wat net altyd vir my kon afkraag en seer maak.
Ek hoop maar net sy hou uit. Want sodra dinge moeilik raak is daar net een mens wat sy bel en dit is Ma. Dan moet ek altyd die kole uit die vuur krap. Hierdie keer moet sy maar net aanhou. Ek gaan maar net dowe oor gooi, so moeilik soos dit ook nou mag wees, maar ‘n mens moet party maal hard wees met hulle om vir hulle te leer.
Pa is min gepla. Solank hy nie hoef te spandeer nie, is hy gelukkig. Ek hardloop my morsdood om alles reg te kry en dan het hy nog die vermetelheid om ombeskof met my te wees as ek die kar vat om haar rond te kry.
Baie liefde
Louise
Entry Filed under: Uncategorized
1 Comment Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to comments via RSS Feed
1.
Carolina | February 27, 2008 at 2:35 nm
Ai Louise,
Dis maar ‘n Ma se lot!! Mans se koppe is mos op ‘n ander planeet! Ek kry kinders wat nie ‘n ma het nie baie jammer! Die weggaan gaan jou dogter goed doen! Sy gaan jou meer waardeer!
Lekka dag!