MOET NET UITWERK
February 6, 2008
louiselourens
Eerstens dankie aan almal wat vir my raad gegee het. Ek het geluister.
Gisteraand het ek en hy gaan sit en praat. Dit was regtig intens. Hy het my met soveel liefde vasgehou. Ek dink daar is tog hoop. Ai. Dit is erg. Erg!!! My oe is dik gehuil vanoggend.
Hier uit hierdie gemors moet ek opstaan. Ek wil hier opstaan!!!
Sy gevoel is dat hy voel minderwaardig omdat hy nie vir ons gesin goed genoeg kan sorg nie en dat hy nie vir ons alles kan gee wat ons wil he nie. Dit is baie hartseer. Hy het gisteraand ook ‘n traan gestort en ek het hom regtig jammer gekry.
Vir my is dit so belangrik dat hy my moet liefde en aandag gee, dat ek die swaarkry sal verduur net om liefde te ontvang!!
Watter kant toe moet ‘n mens gaan? Ek weet nie meer so lekker nie.
Louise
Entry Filed under: Uncategorized
4 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to comments via RSS Feed
1.
Dellie | February 6, 2008 at 12:27 nm
Louise, as julle dit kan uitwerk, doen dit. Die geselsie gisteraand was maar net die begin. Moet nou nie ophou praat nie. Verduidelik jou behoeftes, en luister na syne. As daar nog liefde is vir mekaar, kan julle dit beslis uitwerk. Sterkte.
2.
Platkuif | February 7, 2008 at 10:19 vm
alles begin by die begin…sterke.
3.
Lootiy | February 7, 2008 at 10:56 vm
Louise,
Dit is great as julle gesels het! sodra julle twee weer respek het vir mekaar en saamstaan teenoor die kinders, gaan dinge baie verander. Ek bedoel die kinders moet kan sien hulle moet albei ouers respekteer en dat pa gaan kwaad word as hulle vir ma lelik behandel. Ens.ens.
Sterkte vir jou
Lootiy
4.
TristonJ | February 7, 2008 at 7:52 nm
As daar een manier is om jou huwelik te kan red het jy so pas die eerste stap geneem. hy klink baie onseker van homself, en n man wat onseker is, is maar van natuur iemand wat homself en sy emosies opkluis. maar jy het die eerste tree gegee deur weer te begin gesels… en luister. sterkte aan julle altwee.