Archive for February 6th, 2008
MOET NET UITWERK
Eerstens dankie aan almal wat vir my raad gegee het. Ek het geluister.
Gisteraand het ek en hy gaan sit en praat. Dit was regtig intens. Hy het my met soveel liefde vasgehou. Ek dink daar is tog hoop. Ai. Dit is erg. Erg!!! My oe is dik gehuil vanoggend.
Hier uit hierdie gemors moet ek opstaan. Ek wil hier opstaan!!!
Sy gevoel is dat hy voel minderwaardig omdat hy nie vir ons gesin goed genoeg kan sorg nie en dat hy nie vir ons alles kan gee wat ons wil he nie. Dit is baie hartseer. Hy het gisteraand ook ‘n traan gestort en ek het hom regtig jammer gekry.
Vir my is dit so belangrik dat hy my moet liefde en aandag gee, dat ek die swaarkry sal verduur net om liefde te ontvang!!
Watter kant toe moet ‘n mens gaan? Ek weet nie meer so lekker nie.
Louise
4 comments February 6, 2008