Archive for Januarie 30th, 2008




Ek weet nou nie wat aangaan

Kyk dis nou ‘n deurmekaarspil hierdie.  Elke blog is nou ander hier by my.  Maar elke geval, skryf sal ek skryf!!

Vanoggend is ek wragtie so lighoofdig dat ek nie eens ‘n tree voor die ander kan gee  nie.  My suiker, deur my ma getoets, is 11.4!!  Ek het my boeglam geskrik!!  Ek sal seker nou die suiker moet uitsny.   Maar ai dis so moeilik!!  Veral nou dat dit so warm is, drink ‘n mens mos meer koeldrank, so ek sal moet begin kyk na hierdie lyf!!

 Water drink is nou my voorland!  Yeg!!, maar sal seker gewoond raak daaraan!

Ai, die finansies trek tog so swaar.  Wonder net wanneer gaan ons ooit weer bo uitkom?  Alles gaan maar net in rekeninge betaal en skoolgeld.  Die kosgeld moet maar altyd tot die minimum beperk word!!  Maar ons hou vol, en ons hou uit.  Dank die Here vir sy groot genade, wat ons elke dag deurdra.

Nou ja ek sal weer more iets te sê he!!

O ja,  Steve bly maar die beste vir my.  Al sê mense wat – ek sal by hom staan en altyd sy musiek geniet en nog altyd vir hom skreeu!!

Baie liefde

Louise

Add comment Januarie 30, 2008

Pages

Categories

Links

Meta

Calendar

Januarie 2008
M T W T F S S
« Nov   Feb »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Posts by Month

Posts by Category