Archive for Januarie 29th, 2008
Ek is wragtie terug!!!
Ja, na baie gesukkel is die blog nou weer reg! Ai, ek vergeet soms so baie dinge. Veral hierdie nuwe tegnologie – dit gooi hierdie ou kop heeltemal deurmekaar – soos suduko!!! Kan nie kop of stert uitmaak van daai syfertjies nie.
Dit is ‘n nuwe jaar en hy is amper al ‘n maand oud!! Die kinders is weer in die skool, manlief werk weer en ook ek. Nou is dit weer net skouer aan die wiel sit tot dit weer Desember is.
My oudste, Marguerite, soek nog werk. Sy wil vreeslik graag oorsee gaan, maar die agente is so stadig en rig niks uit. Intussen het sy darem tydelik werk. Adele is vanjaar matriek en Pia stander 8. So nou begin hulle groot word.
My ma is in die ouetehuis. Ek het my rug omtrent seer gemaak, en nou sit ek met ‘n been wat dag en nag pyn. Is te bang om dokter toe te gaan, want ‘n operasie is my voorland. En ek kan nie vir 6 weke af siek gaan nie.
Met ons finansies gaan dit so so. Eendag op en die ander dag af, maar deur die genade van God, is daar altyd ‘n uitkoms. Die twee kinders wat in die skool is, het ‘n groot hap uit ons finansies hierdie maand geruk, maar nou weet ek ten minste hulle het alles wat hulle nodig het vir die skool.
En verder braai ons net hier in die Paarl. So lank laas ‘n wolk gesien, dat ek dink ek sal skrik as ek een sien!!! Ek is mos maar ‘n winter mens, hierdie hitte kan ek nie hanteer nie. ‘n Mens kan jou mos lekker baie warm aantrek in die winter, maar jy kan nie kaal loop in die somer nie!!
Liefde
Louise
Add comment Januarie 29, 2008