DAAR IS ‘N BERG VAN MY SKOUERS AF

November 1, 2007 louiselourens

More almal

Ja daar is ‘n berg van my skouers af.  Ons kon weer gaan kos koop en rekeninge betaal.  Dit was ‘n wonderlike gevoel!  Het tot ‘n chocolate ook gekry!  Smaaklik.

My oudste dogter Marguerite kry die 10de Desember graad.  Ons is so trots op haar.  Die geleentheid word gehou by die Laborie Restaurant in die Paarl.  More gaan ons haar Stellenbosch toe neem sodat sy vir ‘n onderhoud kan gaan.  Sy is een van 5 van die studente wat gekies is om Scheycell (verskoon spelling) eilande toe te gaan om daar te gaan werk.  Sy is baie opgewonde en hoop sy sal die onderhoud slaag.  Dit is net vir 6 maande, maar dit is goeie ondervinding.  Die boyfriend wil nie he sy moet gaan, maar sy is vasbeslote om te gaan.  Sy redenasie is dat hy nie vir haar gaan wag nie.  Dan is hy nie lief vir haar nie, het ek haar gisteraand gesê. 

Nou ja die masels, brongitus en maagvirus is nou verby, so nou is die siektes hopenlik weg!

Julle moet ‘n feestelike dag he.

Al my liefde en Gods rykste seën word julle toegewens

Liefde Louise

Entry Filed under: Uncategorized

1 Comment Add your own

  • 1. Sarita  |  November 22, 2007 at 11:25 vm

    Louise gaan jy nou nooit weer iets op jou blog plaas nie?


Leave a Comment

Required

Required, hidden



Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to comments via RSS Feed

Pages

Categories

Calendar

November 2007
M T W T F S S
« Oct   Jan »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Most Recent Posts