Archive for November 1st, 2007
DAAR IS ‘N BERG VAN MY SKOUERS AF
More almal
Ja daar is ‘n berg van my skouers af. Ons kon weer gaan kos koop en rekeninge betaal. Dit was ‘n wonderlike gevoel! Het tot ‘n chocolate ook gekry! Smaaklik.
My oudste dogter Marguerite kry die 10de Desember graad. Ons is so trots op haar. Die geleentheid word gehou by die Laborie Restaurant in die Paarl. More gaan ons haar Stellenbosch toe neem sodat sy vir ‘n onderhoud kan gaan. Sy is een van 5 van die studente wat gekies is om Scheycell (verskoon spelling) eilande toe te gaan om daar te gaan werk. Sy is baie opgewonde en hoop sy sal die onderhoud slaag. Dit is net vir 6 maande, maar dit is goeie ondervinding. Die boyfriend wil nie he sy moet gaan, maar sy is vasbeslote om te gaan. Sy redenasie is dat hy nie vir haar gaan wag nie. Dan is hy nie lief vir haar nie, het ek haar gisteraand gesê.
Nou ja die masels, brongitus en maagvirus is nou verby, so nou is die siektes hopenlik weg!
Julle moet ‘n feestelike dag he.
Al my liefde en Gods rykste seën word julle toegewens
Liefde Louise
1 comment November 1, 2007