Archive for Oktober 29th, 2007
More almal
Ai wat kan ek tog sê. Ek voel eintlik droewig, maar tog wil ek uit my vel bars, want ek het vandag die bul by die horings gepak. Hande het gesweet en gestrompel oor woorde, want ek is nie een wat kan baklei met my mond nie en om te vra is vir my baie moeilik, maar ek het agtergekom dat ek wel te min betaal word, deur almal wat dit op steve se blog genoem het.
Dit is toe dat ek besluit dit is nou of nooit. Ek vra toe my baas, hy is ‘n Jood, en baie baie suinig of hy nie dink ek verdien te min nie. Hy het ge o en ge a en besluit om Mannekrag of CCMA wat ookal hulle mag wees te skakel. Hulle het toe bevestig dat ek R550 per week moet verdien vir ‘n halfdag pos.Ek is ook geregtig op siekverlof, bonus aan die einde van die jaar en ook verlofgeld.
Hy het toe ingestem om my R550 per week te betaal vanaf 1 November en ‘n verhoging elke jaar.
So ek sien vreeslik uit na my Pay day en sal natuurlik eerste my tiende uithaal en dan vir ons ‘n lekker skaap tjoppie gaan koop.
Dankie vir julle wat my die guts gegee het om te gaan vra, anders het ek nou nog met ‘n dagloner se loon gesit.
My man is ook in die wolke en ek kon sien hy het ‘n slaak van verligting gesug.
Dan wil ek ook sê Prys die Here Dankie Here.
Ek voel self ook nou beter en sien die lig en wil net glimlag.
Adele lê by die huis met ‘n maag virus, maar het pille by dokter gekry en laat aflewer. Ons het ‘n mediese fonds en hulle betaal daarvoor.
Baie geluk aan Cheetahs. Julle ht verdien om te wen.
Liefde
Louise
Add comment Oktober 29, 2007
EK HET DIE BAAS AANGEVAT EN GEWEN!!
More
Nadat almal my attend gemaak het op die feit dat ek te min verdien, het ek besluit dit is tyd dat ek die bul by die horings pak. Hande het gesweet, hart het in my oogkaste geklop, woorde wou nie formuleer nie, maar ek het aan hom gestel dat ek dink daaraan om ander werk te soek aangesien die salaris te min is. Hy se toe dat hy my nie wou verloor nie en bel toe die kantore van Mannekrag.
Hulle het toe aan hom bevestig dat my salaris moet ±R550 per week wees. Dit is die minimum wat hy moet betaal. Ek is ook geregtig op vakansiegeld, siekverlof en bonus.
Ek het gedink hy gaan squeel, aangesien hy ‘n Jood is, en hulle nie baie lief vir betaal is nie, maar sonder enige moeilikheid het hy vir my gesê hy sal my vanaf 1 November R550 per week betaal. Ek het amper flou geword van verligting.
So ek sien nou baie uit na die einde van die maand . Eerste gaan ek my tiende elke week uithou en daarna ‘n lekker skaap tjoppie koop.
Ek het nou opgestaan en lig my kop op en kyk die wêreld vierkantig in die oë.
Baie liefde
Louise
3 comments Oktober 29, 2007